Die waarde van musiek. . .



Navorsing deur psigiaters, neuroloë en ander opvoedkundiges toon aan dat musiek kinders se breinselle help om konneksies te maak wat nodig is vir die stimulering van verskillende  intelligensies.
Die basiese elemente van musiek, naamlik klank, ritme en tempo kom ook in die menslike liggaam voor en wanneer musiek gespeel word, resoneer (weerklink) die liggaam saam met die musiek.
Die mens se hartklop is sy eie en instinktiewe ingebore ritme en een van die eerste en belangrikste konsepte wat in die brein vasgelê word. Deur die kind bloot te stel aan musiek, wat opsigself ‘n ritmiese klankervaring is, deur verskillende ritmiese patrone soos skoothoppe, dansbewegings, die speel van instrumente op maat van musiek, rympies, liedjies en vingerspeletjies, word die kind se ontwikkeling op verskeie vlakke bevorder.

Opmerkings

Gewilde plasings