Die klasse van die Woelwaters word deur 'n gekeurde aanbieder van Max-IK in 'n ateljee aangebied vir twee- tot driejarige kleuters wat deur hul ouers/oppassers vergesel word. Die lesse is 30 tot 45 minute lank en skep geleentheid vir die ouer om spesiale tyd met die kind te spandeer wat die ouer-kind-verhouding bevorder en terselfdertyd die kind in totaliteit ontwikkel.
Die program fokus op blootstelling van die kind aan verskillende plekke
en besienswaardighede en die uitbreiding van sy/haar ervaringswêreld met temas soos die onder andere volgende: Kies & Koop,
Wonders van die wildtuin en Speelparkpret. Al die aktiwiteite word met behulp van musiek aangebied en bevorder onder andere die kind se visuele, ouditiewe en motoriese vaardighede, stimuleer liggaamsbewustheid en bou aan 'n gesonde selfbeeld en ons temas is prettig, maar ook leersaam.
 |
Spel met ballonne op musiek |
 |
Ruimtelike bewustheid word bevorder |
 |
Ons ontwikkel die vestibulêre sintuig |
 |
Waterspel wat die sensoriese vaardighede ontwikkel |
Deur aktief te luister na spesifieke geluide, soos ons doen in die klas, verbeter jy jou kind se konsentrasievermoë en ook luistervaardighede wat hy/sy eendag baie nodig gaan hê in 'n klassituasie in die skool en ook later sy/haar lewe.
Ons fokus ook in elke tema op die aanleer van nuwe liedjies en rympies en dit stimuleer jou kind kognitief en verbreed sy/haar woordeskat.
Sirkeldansies is nie net pret nie, maar leer jou kind om op spesifieke opdragte te reageer en ook in 'n groep saam te werk - 'n baie belangrike sosiale vaardigheid wat van onskatbare waarde later in die lewe is.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking