Wiegelwaggels (Peuters 1 tot 2 jaar)


Hierdie klasse is 30 tot 45 minute en die peuter woon die klasse by saam met Mamma of Pappa of 'n oppasser. Al ons aktiwiteite word op musiek gedoen en ons fokus op al die vlakke van jou kleinding se ontwikkeling, byvoorbeeld:

Sosiale interaksie deur middel van sirkeldansies en ons groet-liedjies.
Groot motories - met behulp van balle, hoepels en ander apparaat om die waggelende beentjies en lyfie gou sterk en reg vir aksie te kry!
Fyn motories - ons speel met verskillende musiekinstrumentjies en werk ook met ander apparaat om daardie klein handjies te leer vat en werk.
Liggaamsbewustheid - jou kind word hier op verskeie maniere gestimuleer onder andere deur vat- en voel-apparaat, vestibulêre stimulasie deur te wieg en te dans en ons proe en ruik ook aan verskillende kossies en lekkernye om vir 'n multi-sensoriese ervaring te sorg.
Kognitiewe ontwikkeling deur aanleer van tema-verwante vingerrympies, liedjies en versies asook lees van boekies.
Ouditiewe en visuele stimulasie met verskeie apparate, klanke en instrumente.
Die ontwikkeling van morele waardes soos goeie maniere, mededeelsaamheid en die bou van 'n goeie selfbeeld.

Een van ons temas vir die Wiegelwaggels is "Ek is uniek" wat fokus op dit wat die kind alles met sy/haar unieke lyfie kan doen.

Ons doen 'n fyn-motoriese aktiwiteit  deur 'n prettige rygaksie
Ons ontwikkel die sensoriese  vaardighede van die peuter deur te ruik
en te proe tydens die tema: "Kossies vir kleintjies"




Die peutertjies leer die kognitiewe konsep van oorsaak en gevolg.... hulle gooi die balletjie in en hy kom anderkant uit






Opmerkings

Gewilde plasings