Liefiediefies (Babas 7 tot 12 maande)
Die klasse van die Liefiediefies word deur 'n gekeurde aanbieder van Max-IK in 'n ateljee aangebied, is 45 minute lank en Mamma en baba woon saam die klassie by. Hierdie klasse bied 'n gulde geleentheid vir die ouer wat omgee om kwaliteittyd met 'n verskil saam met sy of haar baba te spandeer! Daar word 'n verskeidenheid van stimulasie-aktiwiteite met die babas gedoen wat onder andere die volgende insluit: buig-en-strekoefeninge om die groot-motoriek te bevorder, sensoriese stimulasie-aktiwiteite met verskeie hulpmiddels, kognitiewe ontwikkeling op die kind se eie unieke ontwikkelingsvlak asook dansies, instrumentspel en ritme-aktiwiteite. Al die aktiwiteite word op musiek gefundeer en die speelse wyse waarop die aanbiedings plaasvind saam met ander babas van dieselfde ouderdom bevorder die kind se spel- en sosiale vaardighede.
![]() |
Ryg-aksie om die fyn-motoriek te ontwikkel |
Ons proe, ruik en voel en vat aan lekker pappies tydens ons tema "Happietyd".
Baba se fynmotoriese vaardighede word ook hier geoefen deurdat daar geskep en gehap word met lepeltjies, ingooi en uitgooi met koppies, bordjies en bakkies.
Baba se taalontwikkeling en wiskundige konsepte kry ook 'n hupstoot deurdat Mamma gesels en woorde soos "gooi dit in", "die bakkie is nou leeg", "die koppie is nou vol", gebruik.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking