Hoe werk dit en wat kan ek in 'n klas verwag?
'n Max-IK-klas is 30 tot 45 minute van pure lekkerte!!
Die klasse is tema-gebaseer en is absoluut van toepassing op jou kind se leefwêreld en ouderdom!
'n Verskeidenheid van aktiwiteite wat leersaam en opvoedkundig van aard (vir Mamma en kind) is, word aangebied in elke les.
Al die aktiwiteite word op musiek gedoen.
Lesse bevat die volgende:
![]() |
Luisteraktiwiteite en storietyd |
![]() |
Beweging en groot-motoriese ontwikkelingsaktiwiteit met en sonder apparaat, bv. dans, hop, rol, spring, huppel en nog vele ander |
Sensoriese en fyn-motoriese stimulasie, bv. vat en voel, verf, proe, ens.
Leer van rympies en versies asook nuwe en bekende Afrikaanse liedjies.
Ontspanning en die bou van 'n band tussen Mamma en kind asook die ontdekking van geestelike waarhede en die kweek van morele waardes vir karaktervorming by jou kind.
Sosiale aktiwiteite waar maatjies leer deel, saamwerk en saamspeel.
Tydens elke klas word daar inligting deurgegee aan die mammas oor die doelstellings van die verskillende aktiwiteite wat ons doen.


Jy as mamma gaan self ook baatvind by die klassies, omdat jy deel vorm van 'n ondersteuningsnetwerk van ander mammas met baie raad en wat verstaan hoe dit is om 'n mamma te wees!
Ons TUISPAKKETTE (ingesluit by ons fooie) voeg waarde tot ons klasse toe:
Ons TUISPAKKETTE (ingesluit by ons fooie) voeg waarde tot ons klasse toe:
Jy ontvang elke kwartaal 'n tuispakket wat die volgende insluit:
- 'n Musiek-CD (een vir elke tema) wat liedjies bevat wat ons in die klasse aanleer.
- Tuisaktiwiteite (elke week per e-pos) met opvoedkundige inligting asook lekker aktiwiteite, idees en speletjies om by die huis met jou kleinding te doen.
- 'n Opvoedkundige geskenk
Word deel van hierdie ongelooflike ervaring wat 'n belegging in jou kind se toekoms is...
Kom bereik jou kind se maksimum potensiaal by Max-IK!!!
Opmerkings
Plaas 'n opmerking