Tuisprogram - Max-IK@H
Max-IK@H is spesiaal saamgestel om jou as ouer in staat te
stel om in die gerief van jou eie huis en op die mees geleë tye van jou keuse jou
kind se intelligensie te stimuleer. Die pro-gram is ook gebaseer op die sewe boustene wat die belangrikste aspekte van die kind se ontwikkeling aanspreek ten einde
die kind te lei tot sy maksimum intelligensie, volle poten-siaal en uiteindelik
skoolgereedheid en aangesien musiek een van die belangrikste maniere is om die brein te
stimuleer, word die aktiwiteite van al bogenoemde ontwikkelingsaspekte in die tuisprogram ook gefundeer op vokale en instrumentale musiek en klank wat u saam met die program ontvang.
Ons tuisprogramme het verskillende temas, is ouderdomsverwant en strek oor 12 weke.
Indien u eers ons program op die proef wil stel, is u welkom om ons te kontak vir 'n gratis demonstrasiepakket wat 'n week (7 dae se aktiwiteite) insluit.
Die program is soos volg ingedeel: daar is 7 aktiwiteite gebaseer op die 7 boustene van Max-IK ̶ een vir elke dag van die week.
Saam met die program in digitale vorm, ontvang die ouer ook 'n aparte lêer
met die aanhangsels vir elke les (prente, werkkaarte, liedjie- en rympiekaarte,
ens.) en die musiek wat saam met elke les gebruik word.
Die program is in tabelvorm uiteengesit om die uitvoering daarvan te
vergemaklik en is soos volg saamgestel:
Inligting oor die
doel van die aktiwiteit en die kind se ontwikkeling op sy/haar
ouderdom.
|
Wenke en voor-beelde van opdragte om spraak en taal te stimuleer.
Die kognitiewe konsep wat in die aktiwiteit ontwikkel word.
|
Die aktiwiteit wat stap vir stap verduidelik word.
|
Die naam en nommer van die musiek- of klanksnit wat saam met die
aktiwiteit gebruik word.
|
*Die apparaat en ander benodigdhede vir die aktiwiteit.
|
*LW: Die meeste apparaat is items wat in en om die meerderheid
huishoudings beskikbaar is, soos afvalmateriaal, algemene gebruiksartikels,
ensovoorts. Normaalweg kan die ouer die musiekinstrumente en apparaat by Max-IK
aankoop, teen ‘n addisionele bedrag, maar tydens die grendeltydperk kan hierdie
opsie nie uitgeoefen word nie en sal die ouer dus die benodigdhede by winkels moet
aankoop wat in hierdie tyd mag handel dryf. Daar is egter baie voorbeelde van
musiekinstrumente op die internet beskikbaar om self te vervaardig (tik in: music
instruments to make at home). Ander apparaat soos prente, werkkaarte,
speletjies, stories, ensovoorts word saam met die dag se aktiwiteit in ‘n
aparte lêer saam met die program aan die ouer gestuur wat uitgedruk kan word om saam
met die aktiwiteit te gebruik.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking