Die klassies vir die Hartediefies word in 'n ateljee deur 'n gekeurde aanbieder van Max-IK aangebied vir babas van 0 tot 6 maande wat deur hul ouers/oppassers vergesel word. Die lesse is 30 tot 45 minute lank en die program fokus op die troeteling en stimulering van die pasgebore baba tot en met 6 maande wat die geleentheid vir die ouer skep om kwaliteittyd met die kind deur te
bring en hom of haar van geboorte af op die regte wyse te stimuleer. Alle aktiwiteite word met musiek aangebied wat met sorg uitgekies en saamgestel is.
 |
Spel- en sosiale aksie |
 |
Groot-motoriese oefensessie |
 |
Ons lees boekies tydens magietyd |
 |
Visuele stimulasie met Kersliggies |
Opmerkings
Plaas 'n opmerking