Babbelbekkies (3 tot 4 jaar)
Die ateljee-klasse van die Babbelbekkies word deur 'n gekeurde aanbieder van Max-IK aangebied vir drie- tot vierjariges, is 30 tot 45 minute lank en die kleuters woon die klas saam met hul ouers of 'n oppasser by.
Ons sing en dans, leer nuwe Afrikaanse liedjies en rympies aan, ontdek en bespeel 'n verskeidenheid van instrumente en word ook blootgestel aan basiese musiekterme, ritmes en notasie. Hiermee saam word die kind in totaliteit ook ontwikkel deur middel van 'n verskeidenheid van stimulasie-aktiwiteite wat onder andere fyn-motoriese en groot-motoriese vaardighede, ruimtelike oriëntasie, sosiale vaardighede en taalontwikkeling bevorder.
In ons klas:
Verbeeldingspel is een van die kleuter se gunstelingaktiwiteite - in onderstaande foto's ry ons met ons "fietsies" na die speelpark toe...
Die meeste van ons aktiwiteite (soos hierdie een) het meer as een ontwikkelingsfokus, bv. groot-motoriese vaardighede, luister na die musiek en reageer op die tempo en opdragte (vinnig, stadig en stop), balans- en ruimtelike ontwikkeling.
![]() |
Groot-motoriese aktiwiteite wat terselfdertyd ruimtelike oriëntasie en posisie in die ruimte bevorder |
![]() |
Ritmiese aksies, 'n skoothop en handeklap - alles op maat van musiek |
![]() |
Hop op die balle! |
![]() |
Ontwikkeling van fyn-motoriek en hand-oog-koördinasie |
Opmerkings
Plaas 'n opmerking