Wat is Max-IK?
Max-IK staan vir maksimum intelligensiekwosiƫnt.
Dit is 'n breinstimulasieprogram wat die kind op alle vlakke van ontwikkeling stimuleer en is gefundeer op 7 boustene, naamlik motoriese ontwikkeling (fyn en groot motoriek), perseptuele vaardighede (visueel en ouditief), spraak- en taalvaardighede, sosiale en spelontwikkeling, liggaamsbewustheid (sensories en ruimtelik), kognitiewe vaardighede en emosionele, morele en geestelike ontwikkeling.
Met die skryf van die program is gepoog om 'n unieke geleentheid te skep waartydens die kind op genotvolle wyse sodanig gestimuleer word dat daar optimale breinstimulasie en -integrasie plaasvind met die oog op uiteindelike skoolgereedheid en die ouer terselfdertyd ingelig word oor die waarde en doel van elke aktiwiteit waaraan die kind deelneem en blootgestel word.
Aangesien musiek een van die belangrikste maniere is om die brein te stimuleer, word die aktiwiteite van al die ontwikkelingsaspekte in die Max-IK-program gefundeer op vokale en instrumentale klank en musiek.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking